Skep ’n veldtog

Hierdie kenmerke is slegs beskikbaar vir vennote wat YouTube Studio Inhoudbestuurder gebruik. Kontak jou YouTube Vennootbestuurder om toegang te kry.

Veldtogte in Studio Inhoudbestuurder bied ’n manier om jou inhoud direk te bevorder vanaf gebruikeropgelaaide video’s wat by jou inhoud pas. Meer spesifiek: Wanneer ’n komponent deel is van ’n veldtog, word ’n promosiekaart gevoeg by gebrukeropgelaaide video’s wat by jou komponent se verwysingslêer pas. Hierdie kaart skakel kykers direk na jou inhoud.

Jy kan veldtogte gebruik om ’n spesifieke video vir ’n stel komponente te bevorder, soos om jou fliek se kykbladsy te skakel wanneer ’n gebruikeropgelaaide video tonele uit jou fliek bevat.

Passings word bepaal deur Content ID of handmatige opeising. Vir Content ID-eise wys kaarte wanneer die gepasde segment begin. Vir handmatige eise wys kaarte wanneer die video eindig. Hou in gedagte dat kaarte nie gewys word as die gepasde video nie op YouTube gespeel kan word nie. Kaarte word ook nie gewys as die video ’n kort passing is nie.

Stel ’n veldtog op

Om ’n veldtog op te stel, moet jy eers besluit hoe jy wil hê die komponente in jou veldtog geïdentifiseer moet word – óf volgens komponent, óf volgens komponentetiket:

  • Komponentgegronde veldtogte word gegrond op komponente wat individueel gekies is.
  • Etiketgegronde veldtogte word gegrond op komponente waarop ’n spesifieke komponentetiket toegepas is.

Wenk: Ons beveel aan dat jy wanneer moontlik etiketgegronde veldtogte skep vanweë die volgende voordele:

  • Onbeperkte komponente: Etiketgegronde veldtogte kan op ’n onbeperkte aantal komponente toegepas word, terwyl komponentgegronde veldtogte op ’n maksimum van 25 komponente toegepas kan word.
  • Meer gespesialiseerd: Met etiketgegronde veldtogte kan jy veldtogte makliker op grond van spesifieke temas skep.
  • Outomatiese opdaterings: As ’n komponentetiket deel van ’n veldtog is, sal enige nuwe komponente met daardie etiket outomaties by die veldtog ingesluit word.

Hoe om ’n veldtog in Studio Inhoudbestuurder te skep:

  1. Meld aan by Studio Inhoudbestuurder.
  2. Kies Veldtogte op die linkerkieslys.
  3. Klik NUWE VELDTOG en dan kies die metode vir die identifisering van die komponente in jou veldtog:
    • Komponentgegronde veldtog
    • Etiketgegronde veldtog
  4. Voer ’n naam vir jou veldtog in die Veldtognaam-kassie in.
  5. Voer die volledige URL van jou video wat jy wil bevorder in die Uitstalvideo-kassie in.
  6. Klik Begindatum  en kies die datum waarop jy wil hê jou veldtog moet begin.
  7. Klik Einddatum  en kies die datum waarop jy wil hê jou veldtog moet eindig.
  8. Kies die komponente of komponentetikette om by jou veldtog te voeg:
    • Vir Komponentgegronde veldtogte:
      • Klik VOEG KOMPONENTE by.
      • Klik die merkblokkie langs komponente wat jy by jou veldtog wil voeg (tot 25 komponente).
      • Klik KIES # VAN 25 KOMPONENTE. (# verteenwoordig die aantal komponente wat jy gekies het).
    • Vir Etiketgegronde veldtogte:
      • Klik die Kompontentetikette-kassie.
      • Voer ’n komponentetiketnaam in om ’n bestaande komponentetiket te soek, of om ’n nuwe etiket te skep.
      • Klik die komponentetiketnaam om dit by jou veldtog te voeg.
  9. Klik STOOR.

Notas:

  • Slegs musiekmaatskappyvennote kan ’n veldtog op grond van ’n verwysing se oudiokomponent skep.
  • Jy kan meer as een veldtog vir verskillende groepe komponente skep.
  • Ky kan tot 5 000 veldtogte per Inhoudbestuurder-rekeing skep.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
9921239486945246735
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false