Foutspoor oudio- of videokwessies met oplaaie op YouTube

Probeer hierdie foutsporingstappe as jy probleme met die oudio of video van jou oplaai ervaar

Oudiokwessies

Oudio en video is nie gesinkroniseer nie

Maak seker dat die tydsduur van jou oudio- en videosnitte dieselfde is. As jou oudiosnit korter of langer as jou video is, sal jou oudio en video dalk nie reg sinkroniseer nie.

Om jou oudio- en videosnitte te redigeer, kan jy videoredigeringsagteware gebruik voordat jy jou inhoud na YouTube oplaai.

Oudio speel op ’n rekenaar maar nie op ’n mobiele toestel nie

Jou oudio het dalk swak monoversoenbaarheid as jou video se klank op ’n rekenaar reg speel, maar nie op ’n mobiele toestel nie.
Video’s het dikwels stereo-oudio wat oudio vir linker- en regterluidsprekers bevat (soos oorfone). Die meeste mobiele toestelle het net een luidspreker. Wanneer jou mobiele toestel stereo-oudio speel, moet dit die stereo- na mono-oudio (enkelluidspreker) omskakel voordat jou video speel.
As die oudio in jou video swak “monoversoenbaarheid” het, kan die mono-omskakelingproses die oudiogehalte verswak of die oudio demp. Hierdie probleem kom dikwels voor wanneer verskeie oudio-opnames in een video gebruik word.
Maak seker jou oudio is "in fase".
Ander oudio- of videokwessies

Redigering van jou video se instellings kan algemene oudio- en videokwessies oplos. Om jou video se instellings te hersien en verander:

Maak die video in ’n videoredigeringprogram oop

Gebruik ’n videoredigeringprogram op ’n rekenaar om jou onverwerkte video oop te maak. As jy jou video op ’n mobiele toestel opgeneem het, kan jy die video met ’n mobieleredigeringapp oopmaak.

Verifieer video-instellings

Kontroleer in jou videoredigeerder dat jou video-instellings met ons aanbevole oplaai-instellings ooreenstem.

Video settings:
  • Compression Type: H.264
  • Frame Rate: 24, 25, 30, 48, 50, 60 FPS rates are preferred. Other less-common frame rates like 23.98, 29.97, and 59.94 are also acceptable.
  • Data Rate: Automatic
  • Key Frames: Automatic
  • Frame Reordering: Unchecked
Audio/Sound settings:
  • Format: AAC-LC
  • Bitrate: 128 kbps - 256 kbps
  • Sample rate: 44100 or 48000
Other settings:
  • Size: Choose the original size of the video

Stoor en voer uit

Laai die video weer na YouTube op nadat die aanbevole instellings aangebring is.

Videokwessies

Nuwe video kan nie in hoërgehalte-opsies (4K, 1080 p) gespeel word nie

Wanneer jy ’n video oplaai, sal dit aanvanklik in lae gehalte verwerk word. Hierdie proses help jou om die oplaaivloei vinniger te voltooi. Hoërgehalte-opsies, soos 4K of 1080 p, kan langer neem om verwerk te word. Terwyl hierdie verwerking aan die gang is, kan dit ’n paar uur lank lyk of hoërgehalte-opsies nie in jou video beskikbaar is nie.

Probeer om jou video eers as ongelys op te laai as jy wil hê alle gehalte-opsies moet in nuwe oplaaie beskikbaar wees. Jy kan jou video later publiek beskikbaar maak wanneer al die gehalte-opsies beskikbaar is. Kom meer te wete oor videogehalte vir nuwe oplaaie.

Let wel: Hoërgehalte-opsies soos 4K is weens platformbeperkings dalk nie op sekere toestelle of blaaiers beskikbaar nie.

Kleure vertoon nie reg nie

As kleure nie reg vertoon nie, moet jy seker maak dat jou video se oordrageienskappe, primêre kleure, en kleurmatrikskoëffisiënt se metadata ooreenstem met dié van die meestervideo.

As kleure steeds nie reg lyk nie, kan die probleem by jou blaaier of toestel lê. Toets jou oorspronklike video en jou YouTube-oplaai op ander blaaiers om die probleem te isoleer.

Ander oudio- of videokwessies

Redigering van jou video se instellings kan algemene oudio- en videokwessies oplos. Om jou video se instellings te hersien en verander:

Maak die video in ’n videoredigeringprogram oop

Gebruik ’n videoredigeringprogram op ’n rekenaar om jou onverwerkte video oop te maak. As jy jou video op ’n mobiele toestel opgeneem het, kan jy die video met ’n mobieleredigeringapp oopmaak.

Verifieer video-instellings

Kontroleer in jou videoredigeerder dat jou video-instellings met ons aanbevole oplaai-instellings ooreenstem.

Video settings:
  • Compression Type: H.264
  • Frame Rate: 24, 25, 30, 48, 50, 60 FPS rates are preferred. Other less-common frame rates like 23.98, 29.97, and 59.94 are also acceptable.
  • Data Rate: Automatic
  • Key Frames: Automatic
  • Frame Reordering: Unchecked
Audio/Sound settings:
  • Format: AAC-LC
  • Bitrate: 128 kbps - 256 kbps
  • Sample rate: 44100 or 48000
Other settings:
  • Size: Choose the original size of the video

Stoor en voer uit

Laai die video weer na YouTube op nadat die aanbevole instellings aangebring is.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
15512894752279324230
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false