Gebruik musiek en klankeffekte uit die Oudiobiblioteek

Jy kan tantièmevrye produksiemusiek en klankeffekte in die Oudiobiblioteek in YouTube Studio kry wat jy in jou video’s kan gebruik. 

Maak die Oudiobiblioteek oop

  1. Meld aan by YouTube Studio.
  2. Kies Oudiobiblioteek op die linkerkieslys.

Jy kan ook direk na die Oudiobiblioteek toe gaan by youtube.com/audiolibrary.

Deursoek die Oudiobiblioteek

Soek musiek

Gebruik die filters  en soekbalk in die Gratis musiek-oortjie om snitte vir jou video’s te soek. 

Voer ’n snittitel, kunstenaar of sleutelwoord in die soekbalk in om ’n sekere snit te soek. Jy kan ook filters gebruik om musiek volgens die snittitel, genre, luim, kunstenaarnaam, erkenning en tydsduur (lengte in sekondes) te soek. 

Verfyn jou soekresultate deur die filter  langs individuele snitte se kunstenaar, genre of luim te klik. Jy kan jou soekresultate volgens snittitel, kunstenaarnaam, tydsduur of datum rangskik deur hul kolomname te klik.

Stoor jou gunstelingsnitte deur die sterikoon langs die snittitel te klik. Klik die Gester-oortjie om ’n lys van jou gunstelingsnitte te sien.

Nuwe vrystellings word twee keer per maand by die Oudiobiblioteek gevoeg.

Soek klankeffekte

Gebruik die filters  en soekbalk in die Klankeffekte-oortjie om klankeffekte vir jou video’s te soek. 

Voer ’n snittitel of sleutelwoord in die soekbalk in om ’n sekere klankeffek te soek. Jy kan klankeffekte ook volgens kategorie en tydsduur (lengte in sekondes) filtreer. 

Speel en laai oudio af

Klik Speel om ’n snit te hoor. As jy hou van wat jy hoor, kan jy oor die datum hou en LAAI AF klik om ’n MP3-lêer te kry.

Die snit sal aanhou speel terwyl jy deur die Oudiobiblioteek blaai. Jy kan die kontroles op die oudiospeler gebruik om te onderbreek, te soek, en die vorige of volgende snit te speel.

Gee erkenning

Jy moet in jou video se beskrywing vir die kunstenaar erkenning gee as jy ’n snit met ’n Creative Commons -lisensie gebruik. Hoe om erkenninginligting te genereer:

  1. Meld aan by YouTube Studio
  2. Kies Oudiobiblioteek op die linkerkieslys.
  3. Soek die snit wat jy wil gebruik.
    • Let wel: Klik die filterbalk > Erkenning word vereis om deur alle musiek met ’n Creative Commons-lisensie te blaai.
  4. Klik die Creative Commons-ikoon in die Lisensietipe-kolom. 
  5. Klik Kopieer  in die opspringvenster om die erkeningteks te kopieer. Jy kan hierdie inligting nou in jou video se beskrywing plak.

Klik die filtreerbalk > Erkenning word nie vereis nie as jy musiek wil kry wat ’n standaardlisensie van YouTube Oudiobiblioteek het en nie erkenning vereis nie.

Let wel: As jou video enige musiek uit die YouTube Oudiobiblioteek gebruik, sal ’n “Musiek in hierdie video”-afdeling op jou video se kykbladsy verskyn. Hou in gedagte dat die erkenninginligting steeds in jou video se beskrywing vereis word as jou video musiek met ’n Creative Commons-lisensie gebruik.

Monetiseer jou video

As jy in die YouTube Vennootprogram is, kan jy video’s met musiek en klankeffekte uit die Oudiobiblioteek monetiseer.

Kopieregveilige musiek en klankeffekte wat uit die Oudiobiblioteek afgelaai is, sal nie deur die Content ID-stelsel deur ’n regtehouer opgeëis word nie.

Hou in gedagte:

  • Musiek en klankeffekte in die Oudiobiblioteek is die enigste waarvan YouTube weet wat kopieregveilig is.
  • YouTube is nie verantwoordelik vir kwessies wat ontstaan uit “tantièmevrye” musiek en klankeffekte uit YouTube-kanale of ander musiekbiblioteke nie.
  • YouTube kan nie regsadvies gee nie – wat insluit riglyne oor kwessies met musiek wat buite die platform kan voorkom nie.
  • Dit is ’n goeie idee om ’n gekwalifiseerde prokureur te raadpleeg as jy vrae oor jou gebruik van musiek het.

 Kom meer te wete oor watter soort inhoud jy kan monetiseer.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
7343807506787114823
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false