Wenke om ’n transkripsielêer te skep

Transkripsies is ’n maklike manier om onderskrifte te skep. Hulle bevat die teks wat in die video gesê word en kan videohoofstukke bevat. Jy kan ’n transkripsie direk by jou video invoer of die stappe hier onder volg om ’n transkripsielêer te skep.

Transkripsies werk die beste met video’s wat minder as ’n uur lank is met goeie klankgehalte en duidelike spraak. Die transkripsielêer moet in dieselfde taal wees as die dialoog in die video. Nadat jy jou lêer geskep het, moet jy die instruksies volg om jou video op te laai.

Formateer jou transkripsielêer

Tik die teks in van wat in jou video gesê is en stoor dit as ’n skoontekslêer (.txt). Jy kan ander formate (soos Microsoft Word, HTML) omskakel na ’n skoontekslêer of jy kan plaaslike programme op jou rekenaar soos Notepad gebruik.

Om die beste resultate te kry, kan jy hierdie formateringwenke gebruik:

  • Gebruik ’n leë reël om die begin van ’n nuwe onderskrif te forseer.
  • Gebruik blokhakies om agtergrondklanke aan te wys. Byvoorbeeld, [musiek] of [lag].
  • Voeg >> by om sprekers te identifiseer of spreker te verander.

Hier’s ’n voorbeeld van hoe jou transkripsielêer kan lyk:

>> ALETTA: Haai, my naam is Aletta Moolman en hierdie is Jako Booysen

>> JAKO: en ons is die eienaars van Moolman se Bakkery

>> ALETTA: Ons gaan vandag vir jou leer hoe om
ons smullekker hawermoutkoekies te maak!

[inleidingmusiek]

Reg, so ons het al die bestanddele hier voor ons

Hoe om nie-Engelse lêers te stoor

Ons beveel aan dat jy nie-Engelse taaltranskripsielêers met UTF-8-enkodering stoor om vertoonakkuraatheid te verbeter:

Rekenaarinstruksies
  1. Maak Notepad oop.
  2. Klik Lêer en dan Stoor as.
  3. Kies UTF-8 onder “Enkodering.”
Apple-rekenaarinstruksies
  1. Maak TextEdit oop.
  2. Klik Formateer en kies dan Maak skoonteks.
  3. Klik Lêer en dan Stoor.
  4. Kies Unicode (UTF-8).

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
9930148202451209341
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false