Gesteunde onderskriflêers

'n Onderskriflêer bevat die teks wat in die video gesê word. Dit bevat ook tydkodes vir wanneer elke teksreël vertoon moet word. Sommige lêers sluit ook posisie- en stylinligting in, wat veral nuttig is vir dowe of hardhorende kykers. Sien hieronder watter lêerformate YouTube ondersteun.

Kom jy pas aan die gang? Probeer hierdie onderskrifte direk in jou video byvoeg met ons onderskrifredigeerder.
Basiese lêerformate

As die skep van onderskriflêers vir jou nuut is, beveel ons aan dat jy een van die volgende basiese lêertipes gebruik:

Formaatnaam Lêeruitbreiding Meer inligting
SubRip .srt Slegs basiese weergawes van hierdie lêers word ondersteun. Geen stylinligting (uitleg) herken nie. Die lêer moet in gewone UTF-8 wees.
SubViewer .sbv of .sub Slegs basiese weergawes van hierdie lêers word ondersteun. Geen stylinligting (uitleg) herken nie. Die lêer moet in gewone UTF-8 wees.
MPsub (MPlayer-onderskrif) .mpsub “FORMAAT=”-parameter word ondersteun.
LRC .lrc Geen stylinligting (uitleg) herken nie, maar verbeterde formaat word ondersteun.
Videotron Lambda .cap Hierdie lêertipe word hoofsaaklik vir Japannese onderskrifte gebruik.
 

As die skep van onderskriflêers vir jou nuut is, moet jy dalk SubRip (.srt) of SubViewer (.sbv) gebruik. Hulle vereis slegs basiese tydsberekeninginligting en kan met enige skoonteks-redigeersagteware geredigeer word.

Die hoofverskil tussen SubRip- en SubViewer-lêers is die formaat van die onderskrifte se begin- en eindtye. Hier is ’n paar voorbeelde van beide formate:

SubRip (.srt)-voorbeeld
1
00:00:00,599 --> 00:00:04,160
>> ALETTA: Haai, my naam is Aletta Moolman en hierdie is Jako Booysen

2
00:00:04,160 --> 00:00:06,770
>> JAKO: en ons is die eienaars van Moolman se Bakkery.

3
00:00:06,770 --> 00:00:10,880
>> ALETTA: Ons gaan vandag vir jou leer hoe om
ons smullekker hawermoutkoekies te maak!

4
00:00:10,880 --> 00:00:16,700
[inleidingmusiek]

5
00:00:16,700 --> 00:00:21,480
Reg, so ons het al die bestanddele hier voor ons
SubViewer (.sbv)-voorbeeld
0:00:00.599,0:00:04.160
>> ALETTA: Haai, my naam is Aletta Moolman en hierdie is Jako Booysen

0:00:04.160,0:00:06.770
>> JAKO: en ons is die eienaars van Moolman se Bakkery.

0:00:06.770,0:00:10.880
>> ALETTA: Ons gaan vandag vir jou leer hoe om
ons smullekker hawermoutkoekies te maak!

0:00:10.880,0:00:16.700
[inleidingmusiek]

0:00:16.700,0:00:21.480
Reg, so ons het al die bestanddele hier voor ons
Gevorderde lêerformate

Gebruik hierdie lêerformate as jy meer beheer wil hê oor die stilering (uitleg) of posisionering van jou onderskrifte.

Formaatnaam Lêeruitbreiding Meer inligting
SAMI (Gesinkroniseerde Toeganklike Media-uitruiling) .smi of .sami Slegs tydkodes, teks en eenvoudige uitleg (<b>, <i>, <u>, en die
kleur= kenmerk in ’n <font>) word ondersteun. Posisionering word nie ondersteun nie.
RealText .rt Slegs tydkodes, teks en eenvoudige uitleg (<b>, <i>, <u>, en die
kleur= kenmerk in ’n <font>) word ondersteun. Posisionering word nie ondersteun nie.
WebVTT .vtt In aanvanklike implementering. Posisionering word ondersteun, maar stilering is beperk tot <b>, <i>, <u> omdat CSS-klasname nog nie gestandaardiseer is nie.
TTML (Tydbeheerde opmerktaal) .ttml In gedeeltelike implementering SMPTE-TT-uitbreidings word ondersteun vir CEA-608-kenmerke. iTunes Tydbeheerde teks (iTT)-lêerformaat word ondersteun; iTT is ’n substel van TTML, Weergawe 1.0. Stilering en posisionering word
ondersteun.
DFXP (Verspreidingformaatuitruilingsprofiel) .ttml of .dfxp Hierdie lêertipes word as TTML-lêers geïnterpreteer. 
Uitsendinglêerformate (TV en flieks)

Hierdie lêerformate word gewoonlik vir die onderskrifte van uitsaai-inhoud (TV en flieks) gebruik en ondersteun beide CEA-608- en EBU-STL-standaarde. YouTube probeer om die onderskrifte uit hierdie lêers te vertoon asof hulle op TV was — met dieselfde stilering, kleur en posisionering.

Formaatnaam Lêeruitbreiding Meer inligting
Scenarist-onderskrif .scc Hierdie lêers het ’n presiese verteenwoordiging van CEA-608-data, wat die verkose formaat is wanneer onderskrifte op CEA-608-kenmerke gegrond is.
EBU-STL (binêr) .stl Standaard van Europese Unie vir Uitsaaiers
Onderskrifsentrum (binêr) .tds Ondersteun CEA-608-kenmerke.
Captions Inc. (binêr) .cin Ondersteun CEA-608-kenmerke.
Cheetah (ASCII-teks) .asc Ondersteun CEA-608-kenmerke.
Cheetah (binêr) .cap Ondersteun CEA-608-kenmerke.
NCI (binêr) .cap Ondersteun CEA-608-kenmerke.
 
Scenarist-onderskrif (.scc-lêeruitbreiding)-lêers is ons verkose lêerformaat. Hierdie lêers het ’n presiese verteenwoordiging van CEA-608-data, wat die verkose formaat is wanneer onderskrifte op CEA-608-kenmerke gegrond is.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
17889181363723109868
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false