Meld aan met 'n YouTube-gebruikersnaam

As jy nie met jou YouTube-gebruikernaam kan aanmeld nie, probeer om met jou Google-rekening by YouTube aan te meld. Voer dan dieselfde wagwoord in wat jy gebruik het om by YouTube aan te meld.

Jy meld steeds by dieselfde rekening aan, maar jy voer net die e-posadres op die rekening in, pleks van jou YouTube-gebruikernaam.

Waarom moet ek met ’n Google-rekening by YouTube aanmeld?

Jy kry toegang tot YouTube met jou Google-rekening. Die wagwoord wat jy gebruik het om aan te meld, is jou Google-rekeningwagwoord.

Soos ons dienste op Google integreer, steun ons nie meer aanmelding by Google-rekeninge met YouTube-gebruikername nie. Jy kan pleks daarvan met jou Google-rekening se e-posadres by YouTube aanmeld. Dit is dikwels ’n Gmail-adres, maar kan ook ’n ander domein wees, soos Yahoo, Hotmail, ens. Kom meer te wete oor hoe jy jou Google-rekening vir YouTube kan gebruik.

Maar ek hou nie van my Google-rekening se e-posadres nie!

Sommige ou YouTube-kanale (wat voor Mei 2009 geskep is), is nie deel van ’n Google-rekening nie. Vind uit hoe om toegang te kry tot ’n YouTube-kanaal wat nie deel is van ’n Google-rekening nie.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
7127236359367157046
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false