Openbaarmaking van die gebruik van gewysigde of sintetiese inhoud

Ons moedig skeppers se innoverende en verantwoordelike gebruik van inhoudredigering- of -genereringnutsgoed aan. Ons besef egter dat kykers wil weet of dit waarna hulle kyk of luister, eg is.

Om te help om kykers ingelig te hou oor die inhoud wat hulle kyk, vereis ons van skeppers om openbaar te maak as inhoud beduidend gewysig of sinteties gegenereer is as dit realisties voorkom.

Skeppers moet ook inhoud openbaar maak wat:

  • Dit laat lyk of ’n regte persoon iets sê of doen wat hulle nie gesê of gedoen het nie
  • Beeldmateriaal van ’n werklike gebeurtenis of plek wysig
  • ’n Toneel genereer wat realisties lyk, maar wat nie werklik plaasgevind het nie

Dit kan inhoud insluit wat heeltemal of gedeeltelik gewysig is, of met oudio-, video- of prentskepping- of -redigeringnutsgoed geskep is.

Gebruik die “gewysigde inhoud”-instelling in YouTube Studio om openbaar te maak

Die “gewysigde inhoud”-instelling is beskikbaar vir skeppers wat YouTube Studio op ’n rekenaar gebruik om inhoud openbaar te maak wat beduidend gewysig of sinteties gegenereer is. Ons sal hierdie instelling in die toekoms na ander toestelle en YouTube-apps uitbrei.

Wanneer ’n skepper hierdie veld kies en inhoud oplaai, sal ’n etiket in hul video se uitgebreide beskrywing verskyn. Hierdie etiket sal vir nou verskyn vir kykers wat die YouTube-app op ’n foon, tablet of TV gebruik, maar sal in die toekoms ook op ander toestelle verskyn.

Skeppers wat ’n YouTube Kortvideo maak met Dream Track of Uitdinkskerm, YouTube se generatiewe kunsmatige-intelligensie- (AI-)nutsgoed, hoef nie ekstra stappe vir openbaarmaking te neem nie. Die nutsding sal outomaties die gebruik van AI vir skeppers openbaar maak. Vir ander AI-nutsgoed moet skeppers hul gebruik tydens die oplaaivloei openbaar maak.

Voorbeelde van gewysigde of sintetiese inhoud

Die volgende lys sluit voorbeelde in van gewysigde of sintetiese inhoud. Gewysigde of sintetiese inhoud kan inhoud insluit wat heeltemal of gedeeltelik gewysig is, of met oudio-, video- of prentskepping- of -redigeringnutsgoed geskep is. Realistiese inhoud en beduidende veranderinge vereis openbaarmaking, terwyl onrealistiese inhoud of geringe redigerings dit nie vereis nie. Hou in gedagte dat dit nie ’n volledige lys is nie.

Vereis nie openbaarmaking deur skeppers nie Vereis openbaarmaking deur skeppers
  • As skoonheidfilters toegepas word
  • As inhoud digitaal gegenereer of gewysig word om die gesig van een individu te vervang met die gesig van ’n ander
  • As ’n agtergrond sinteties gegenereer of verleng word om ’n bewegende motor te simuleer
  • As ’n bekende motorjaagtoneel gewysig word om ’n bekende persoon in te sluit wat nie in die oorspronklike fliek was nie
  • As effekte gebruik word om oudio wat voorheen opgeneem is, te verbeter
  • As oudio gesimuleer word om dit te laat klink of ’n mediese beroepspersoon raad gee wanneer hulle in werklikheid nie daardie raad gegee het nie
  • As ’n AI-gegenereerde animasie van ’n missiel in ’n video gebruik word
  • As ’n realistiese uitbeelding gewys word van ’n missiel wat op ’n werklike stad afgevuur word

 

Voorbeelde van inhoud wat skeppers nie openbaar hoef te maak nie
Skeppers hoef nie onrealistiese inhoud wat gewysig of sinteties is, of geringe redigerings aan realistiese inhoud, openbaar te maak nie. Geringe redigerings is redigerings wat hoofsaaklik esteties is, en wat nie die inhoud wysig op ’n manier wat die kyker kan mislei oor wat werklik gebeur het nie.
Voorbeelde van inhoud, redigerings of videobystand wat skeppers nie openbaar hoef te maak nie:
  • Nie realisties nie
    • Iemand wat op ’n eenhoring ry in ’n fantasiewêreld
    • Groen skerm is gebruik om iemand uit te beeld wat in die ruimte rondsweef
  • Gering
    • Kleuraanpassing of beligtingfilters
    • Spesiale-effekfilters, soos om agtergrondwasigheid of verouderingeffekte by te voeg
    • Produksiebystand, soos om generatiewe AI-nutsgoed te gebruik om ’n video-uiteensetting, -draaiboek, -miniprent, -titel of -inligtinggrafika te skep of te verbeter
    • Onderskrifskepping
    • Verskerping, opskalering of herstel van video’s, asook stem- of oudioherstel
    • Idee-generering

Hou in gedagte dat die lys hier bo nie allesomvattend is nie.

Voorbeelde van inhoud wat skeppers moet openbaar maak
Om te help om kykers ingelig te hou oor die inhoud wat hulle kyk, vereis ons van skeppers om inhoud openbaar te maak wat gewysig of sinteties is as dit realisties of betekenisvol voorkom.
Voorbeelde van inhoud, redigerings of videobystand wat skeppers openbaar moet maak:
  • As musiek sinteties gegenereer word (insluitend musiek wat met Skeppermusiek gegenereer is)
  • As iemand se stem gekloon word om dit vir stemkommentaar te gebruik
  • As ekstra beeldmateriaal van ’n werklike plek sinteties gegenereer word, soos ’n video van ’n branderplankryer in Maui vir ’n promosionele reisvideo
  • As ’n realistiese video gegenereer word van ’n wedstryd tussen twee werklike professionele tennisspelers
  • As dit laat lyk word of iemand raad gegee het wat hulle nie werklik gegee het nie
  • As oudio digitaal gegenereer word om dit te laat klink of ’n gewilde sanger ’n noot in hul regstreekse vertoning gemis het
  • As ’n realistiese uitbeelding van ’n tornado of ’n ander weergebeurtenis gewys word wat in die rigting van ’n regte stad beweeg, maar dit het nie werklik gebeur nie
  • As dit laat lyk word of hospitaalwerkers siek of gewonde pasiënte weggewys het
  • As dit uitgebeeld word dat ’n openbare figuur iets gesteel het wat hulle nie gesteel het nie, of erken dat hulle iets gesteel het as hulle nie daardie bekentenis gemaak het nie
  • As dit laat lyk word of ’n regte persoon in hegtenis geneem word of in die tronk gesit is

Hou in gedagte dat die lys hier bo nie allesomvattend is nie.

Maak gewysigde of sintetiese inhoud openbaar

Ons vereis van skeppers om beduidend gewysigde of sinteties gegenereerde inhoud wat realisties voorkom, openbaar te maak. Skeppers kan hierdie openbaarmaking tydens die oplaaiproses doen.

YouTube Studio op ’n rekenaar

  1. Gaan na YouTube Studio.
  2. Volg die stappe om inhoud op te laai.
  3. Kies Ja in die Besonderhede-afdeling onder “Gewysigde inhoud” om op die openbaarmakingvrae te antwoord.
  4. Gaan voort om ander videobesonderhede te kies

As ’n skepper ’n YouTube Kortvideo maak wat een van YouTube se generatiewe kunsmatige-intelligensie-effekte gebruik (soos YouTube se Dream Track of Uitdinkskerm), is daar tans geen bykomende stappe om openbaar te maak nodig nie. Die nutsding sal outomaties die gebruik van AI vir skeppers openbaar maak.

Om skeppers te help, kan ons openbaarmaking proaktief namens hulle kies as hulle die gebruik van gewysigde of sintetiese inhoud in die titel of beskrywing van hul video openbaar maak.

Wat gebeur nadat skeppers openbaar gemaak het

As skeppers “Ja” kies om aan te dui dat hul inhoud gewysig of sinteties is, sal ons ’n etiket in hul video se beskrywingveld byvoeg. Hierdie etikette sal vir nou verskyn aan kykers wat YouTube-video’s op ’n mobiele toestel of tablet kyk.

Etiket in die uitgebreide beskrywingveld

Bykomende etiket vir sensitiewe inhoud

Tydige inligting van hoë gehalte oor verkiesings, voortdurende konflikte, natuurrampe, geldsake, of gesondheid is baie belangrik. Hierdie soort inligting kan ’n groot uitwerking hê op die welstand, finansiële sekuriteit of veiligheid van mense en gemeenskappe. Vir inhoud oor sulke sensitiewe onderwerpe kan daar vir bykomende deursigtigheid ook ’n meer prominente etiket in die videospeler verskyn.

Ander uitwerkings van openbaarmaking

As jy openbaar maak dat inhoud gewysig of sinteties is, sal dit nie ’n video se gehoor beperk of dit diskwalifiseer om geld te verdien nie.

Risiko’s as jy nie openbaar maak nie

Dit kan misleidend wees as kykers dink ’n video is eg, terwyl dit in werklikheid beduidend gewysig of sinteties gegenereer is om realisties voor te kom.

Wanneer inhoud nie openbaar gemaak word nie, kan YouTube in sommige gevalle optree om die risiko van skade aan kykers te beperk deur proaktief ’n etiket toe te pas wat skeppers nie die opsie sal hê om te verwyder nie. Skeppers wat deurlopend kies om nie hierdie inligting openbaar te maak nie, sal daarbenewens onderworpe wees aan strawwe deur YouTube, insluitend die verwydering van inhoud of skorsing uit die YouTube Vennootprogram.

Onthou, ons pas ons gemeenskapsriglyne op alle inhoud op YouTube toe, ongeag of dit gewysig of sinteties is.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
2256688176986919833
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false