Analytics-wenke vir inhoudoortjie

As jy jou YouTube-gehoor wil laat groei, is dit belangrik om te weet met watter inhoud jou gehoor die meeste interaksie het. Die Inhoud-oortjie in YouTube Studio Analytics het ’n skyfie vir “Video” wat verslae bevat oor hoe jou video’s presteer.

Inhoudoortjie in Analytics (rangskik volgens Video's, Kortvideo's, Regstreeks of Plasings)

 

Sleutelstatistieke

2 nuwe prestasiemaatstawwe vir Kortvideo’s! 📊🤳

Die eerste verslag is die sleutelstatistiekekaart, wat die verandering in belangrike maatstawwe oor ’n tydperk wys. Die tydlyn sluit publikasiedatums vir jou video’s in as hulle op ’n rekenaar gekyk word. Jy kan deur die kaarte blaai om te sien hoe jou video’s rondom publikasiedatums en oor ’n tydperk presteer het.

Kyke

Indrukke

Definisie: Hoeveel keer jou inhoud bekyk is. Dit word vergelyk met hoe jou video’s gewoonlik presteer.

Definisie: Hoeveel keer jou videominiprente vir kykers gewys is. Dit bevat net indrukke op YouTube en nie op eksterne werwe of apps nie.

Insig Dit kan jou mettertyd help om video’s raak te sien wat goed presteer, seisoenale veranderinge te voorspel en om te bepaal wanneer jy nuwe video’s moet oplaai.

Insig: Hierdie maatstaf kan jou help om die reikwydte van jou video’s te bepaal.

Indrukke se deurklikkoers

 

Gemiddelde kykduur

Definisie: Hoe gereeld kykers ’n video gekyk het nadat hulle die miniprent gesien het.

Definisie: Die gemiddelde minute gekyk per kykbeurt vir die gekose inhoud, datumreeks, land/streek of ander filters.

Insig: Hierdie maatstaf help om aan te dui hoeveel byval die miniprent, titel en videoinhoud by kykers gevind het.

Insig: Mettertyd sal die hoeveelheid tyd wat kykers na jou video’s kyk jou help om veranderinge in jou gehoor se belangstellings te wys.

Kykers oor formate heen

Definisie: Dit uiteensetting en oorvleueling van terugkeerkykers wat jou inhoud verbruik volgens formaat (video’s, Kortvideo’s en regstreeks).

Insig: Hierdie uiteensetting kan jou help verstaan of kykers wat na jou kanaal terugkeer, ’n nuwe formaat kyk wat jy publiseer en, meer algemeen, of hierdie gehoor veelvuldige formate kyk. Dit kan help om jou inhoudstrategie te bepaal.

Sleuteloomblikke vir gehoorbehoud

Het jy gewonder hoe kykers kies om jou video te kyk? Kyk hulle net die begin of kyk hulle tot aan die einde?

Behoud kan help om hierdie vrae te beantwoord. Dit wys hoe lank kykers kies om jou video te bly kyk, of hoe lank jou inhoud hul aandag vasgevang hou.

Inleiding

’n Tipiese inleiding is omtrent 30 sekondes lank. Jy kan van hierdie kaart af waarneem hoe elk van jou video’s se inleiding vergelyk met dié van ander video’s. Video’s waar 50% of meer van die gehoor ná 30 sekondes nog kyk, sal jy in die “bo tipiese inleidings”-lys kry.

Klik deur elke video om die grafiek daarvan te sien. Die grys afdeling van die grafiek is jou tipiese behoud. Tipiese behoud is die betrokkenheid wat jou laaste 10 video’s van omtrent dieselfde lengte behou het. As jy dit met jou tipiese behoud vergelyk, sal dit wys of dié video beter as die gemiddelde video presteer.

’n Hoë inleidingpersentasie kan die volgende beteken:

  • Die begin van jou video het die gehoor se belangstelling gehou.
  • Die video stem ooreen met gehoorverwagtings op grond van jou miniprent en titel.
wenke

Aanbevelings om jou inleidingpersentasie te verbeter:

  • Probeer dat jou video se miniprent en titel jou video se inhoud beter weerspieël.
  • Wysig die eerste 30 sekondes van jou video en eksperimenteer met verskillende style om die een te kry wat jou gehoor se belangstelling sal hou.

Top-oomblikke

Top-oomblikke is oomblikke in jou video waar amper niemand die video verlaat het terwyl hulle gekyk het nie. Soek en vier hierdie oomblikke!

wenke

Aanbevelings vir meer top-oomblikke:

  • As jou top-oomblikke later in jou video voorkom moet jy oorweeg om daardie inhoud vroeër in die video te wys. Gehoorgetalle neem gewoonlik af hoe verder video’s vorder. Probeer dus om die gehoor se aandag vroeër vas te vang.
  • Neem jy ’n patroon in die top-oomblikke waar? Probeer nuwe inhoud skep deur voort te bou op die inhoud van jou top-oomblikke.

Toenames

Toenames is oomblikke in jou video wat meer kere gekyk of gedeel word. Dit kan beteken:

  • Jou gehoor het dié deel meer as die res van die video gekyk omdat dit hul belangstelling geboei het.
  • Jou inhoud was nie duidelik nie en die gehoor moes ’n deel weer gaan kyk.

Dalings

Dalings dui op oomblikke in jou video wat óf oorgeslaan is, óf waar kykers heeltemal opgehou het om jou video te kyk. Dalings kan beteken dat jou gehoor dié deel minder as ander dele van die video gekyk het.

wenke
Aanbeveling:
Kyk waar dalings in jou video’s voorkom om beter te verstaan hoekom die gehoor belangstelling verloor het.

Hoe kykers jou video’s kry

Hierdie verslag lig uit waar gehore jou inhoud kry en hoe hulle jou kanaal ontdek.

Algeheel

Ekstern

Hier is ’n lys van die gewildste van al die bronne. Dit sluit plekke buite én binne YouTube in.

Buite YouTube kan gehore jou dalk kry deur internetsoektogte, ingebed in ander werwe, ensovoorts.

YouTube Soek

Voorgestelde video’s

Dit is ’n lys van al die gewilde soekterme en woorde wat gehore gebruik om jou inhoud te kry.

Verkeer vanaf voorstelle wat langs of ná ander video’s verskyn en vanaf skakels in videobeskrywings.

Snitlyste

Verkeer vanaf enige snitlys wat een van jou video’s bevat het. Hierdie snitlyste kan jou eie snitlys of ’n ander skepper se snitlys wees. Jy kan spesifieke snitlyste wat verkeer na jou video’s toe gestuur het op die “Verkeerbron: snitlyste”-kaart van die Reikwydte-oortjie sien.

wenke

As jy jou verkeer bestudeer, kan dit jou help om jou kanaal uit te brei:

  • Kry idees vir nuwe inhoud in soekterme wat kykers gebruik om jou te vind.
  • Wat is die topbronne vir jou kanaal, en wat sê dit vir jou oor jou gehoor? Voorbeeld: As YouTube Soek die belangrikste bron is, kom gehore na YouTube om jou te soek of hulle verwag om inhoud soos joune in YouTube te kry. Wat sou jy in hierdie geval kon doen om verkeer uit ander oorde, soos eksterne bronne, te verhoog?

Topvideo’s

Hier is ’n lys van jou video’s volgens kyke gerangskik.

wenke
  • Sien jy enige patrone waar video’s neig om gewilder te wees?
  • Merk jy veranderinge in gewilde inhoud gedurende verskillende tye van die jaar op?

Die verslae wat jy hier sien, kan verskil van dié wat jy in Studio sien. Dit is omdat Studio verslae vir jou kanaal op grond van jou inhoud pasmaak.

Volgende: kyk na wenke om te leer watter inhoud om te skep

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
true
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
12314477575660432952
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false