Analytics-wenke vir inhoudoortjie

As jy jou YouTube-gehoor wil laat groei, is dit belangrik om te weet met watter inhoud jou gehoor die meeste interaksie het. Die Inhoud-oortjie in YouTube Studio Analytics het ’n skyfie vir “Regstreeks". Hierdie skyfie bevat verslae oor hoe jou regstreekse stroom presteer terwyl dit stroom én nadat die stroom geëindig het.

Inhoudoortjie in Analytics (rangskik volgens Video's, Kortvideo's, Regstreeks of Plasings)

 

Sleutelstatistieke

2 nuwe prestasiemaatstawwe vir Kortvideo’s! 📊🤳

Die eerste verslag wat jy sal sien, is die sleutelstatistiekekaart, wat die verandering in belangrike maatstawwe oor ’n tydperk wys. Die tydlyn sluit publikasiedatums vir jou regstreekse strome in as hulle op ’n rekenaar gekyk word. Jy kan ook deur die syfers blaai om te sien hoe hul waardes oor ’n tydperk én rondom publikasiedatums verander.

Kyke

Indrukke

Definisie: Hoeveel keer jou inhoud bekyk is. Dit word vergelyk met hoe jou video’s gewoonlik presteer.

Definisie: Hoeveel keer jou videominiprente vir kykers gewys is. Dit bevat net indrukke op YouTube en nie op eksterne werwe of apps nie.

Insig Dit kan jou mettertyd help om video’s raak te sien wat goed presteer, seisoenale veranderinge te voorspel en om te bepaal wanneer jy nuwe video’s moet oplaai.

Insig: Hierdie maatstaf kan jou help om die reikwydte van jou video’s te bepaal.

Indrukke se deurklikkoers

 

Gemiddelde kykduur

 

Definisie: Hoe gereeld kykers ’n video gekyk het nadat hulle die miniprent gesien het.

Definisie: Die gemiddelde minute gekyk per kykbeurt vir die gekose inhoud, datumreeks, land/streek of ander filters.

Insig: Hierdie maatstaf help om aan te dui hoeveel byval die miniprent, titel en videoinhoud by kykers gevind het.

Insig: Mettertyd sal die hoeveelheid tyd wat kykers na jou video’s kyk jou help om veranderinge in jou gehoor se belangstellings te wys.

Hoe kykers jou regstreekse strome kry

Hierdie verslag lig uit waar kykers jou inhoud kry en hoe hulle jou kanaal ontdek.

Algeheel

Ekstern

Hier is ’n lys van die gewildste van al die bronne. Dit sluit plekke buite én binne YouTube in.

Buite YouTube kan gehore jou dalk kry deur internetsoektogte, ingebed in ander werwe, ensovoorts.

YouTube Soek

Voorgestelde video’s

Dit is ’n lys van al die gewilde soekterme en woorde wat gehore gebruik om jou inhoud te kry.

Verkeer vanaf voorstelle wat langs of ná ander video’s verskyn en vanaf skakels in videobeskrywings.

Snitlyste

Verkeer vanaf enige snitlys wat een van jou video’s bevat het. Hierdie snitlyste kan jou eie snitlys of ’n ander skepper se snitlys wees. Jy kan spesifieke snitlyste wat verkeer na jou video's toe gestuur het op die “Verkeerbron: snitlyste”-kaart van die Reikwydte-oortjie sien.

wenke
Kyk vir idees vir nuwe inhoud in soekterme wat kykers gebruik om jou te vind.

Top- regstreekse strome

Hier is ’n lys van jou regstreekse strome volgens kyke gerangskik.

wenke
  • Sien jy enige patrone waar strome neig om gewilder te wees?
  • Merk jy veranderinge in gewilde inhoud gedurende verskillende tye van die jaar op?

Die verslae wat jy hier sien, kan verskil van dié wat jy in Studio sien. Dit is omdat Studio verslae vir jou kanaal op grond van jou inhoud pasmaak.

Volgende: kyk na wenke om te leer watter inhoud om te skep

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
true
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
14025934372975185338
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false