Foutspoor terugbetalingsprobleme op YouTube

Sukkel jy om 'n terugbetaling vir jou YouTube-aankoop te versoek? Gaan kyk na hierdie algemene kwessies om jou te help foutspoor en jou probleem op te los.

Hoekom is my terugbetaling verwerp?

'n Terugbetaling sal dalk verwerp word as die betrokke aankoop nie binne ons vasgestelde terugbetalingsbeleide val nie. Let daarop dat ons nie gedeeltelike terugbetalings vir jaarlikse lidmaatskappe bied, of terugbetalings vir flieks/programme wat reeds gekyk is nie. Ons bied ook nie terugbetalings vir sommige aankope soos Superklets nie.

As jy ’n aktiewe betaalde lidmaatskap het, moet jy aanmeld om ’n terugbetaling te versoek.

YouTube-aankope wat deur die Apple Store gedoen word, vereis magtiging deur Apple en is onderworpe aan hul terugbetalingsbeleide.

As sulks, kan ons nie terugbetalings toestaan vir aankope wat op ’n Apple-toestel of deur Apple-fakturering gedoen is nie. Kontak Apple-steundienste om ’n terugbetaling te versoek.


Kom in aanraking met steundienste as jy ons terugbetalingsbeleide nagegaan het en glo dat jy vir 'n terugbetaling kwalifiseer.

Ek kry 'n fout wanneer ek probeer om 'n terugbetaling te versoek

As jy ’n aktiewe betaalde lidmaatskap het, moet jy aanmeld om ’n terugbetaling te versoek.

YouTube-aankope wat deur die Apple Store gedoen word, vereis magtiging deur Apple en is onderworpe aan hul terugbetalingsbeleide.

As sulks, kan ons nie terugbetalings toestaan vir aankope wat op ’n Apple-toestel of deur Apple-fakturering gedoen is nie. Kontak Apple-steundienste om ’n terugbetaling te versoek.


Gaan ons terugbetalingsbeleide na as jy ’n rekenaar of Android-toestel gebruik en sukkel om ’n terugbetaling te versoek. Jy sal moet kwalifiseer om 'n terugbetaling te kry.

Kom in aanraking met steundienste as jy ons terugbetalingsbeleide nagegaan het en glo dat jy vir 'n terugbetaling kwalifiseer.

Hoekom kan ek nie 'n terugbetaling van my Apple-toestel af versoek nie?

As jy ’n aktiewe betaalde lidmaatskap het, moet jy aanmeld om ’n terugbetaling te versoek.

YouTube-aankope wat deur die Apple Store gedoen word, vereis magtiging deur Apple en is onderworpe aan hul terugbetalingsbeleide.

As sulks, kan ons nie terugbetalings toestaan vir aankope wat op ’n Apple-toestel of deur Apple-fakturering gedoen is nie. Kontak Apple-steundienste om ’n terugbetaling te versoek.

Wanneer sal my terugbetaling uitgereik word?

Terugbetalings deur YouTube word terugbetaal aan die betaalmetode wat gebruik is om die aankoop te doen. Meeste terugbetalings word binne 5 werksdae verwerk, met 'n paar uitsonderings:

Betaalmetode

Geraamde terugbetalingtyd

Direkte diensverskafferfakturering (voorafbetaal/betaal-volgens-gebruik)

1-30 werksdae

Jou diensverskaffer beïnvloed verwerkingstyd en neem soms langer.

Direkte diensverskafferfakturering (nabetaling/kontrak)

1-–2 maandelikse state

Jou diensveskaffer beïnvloed verwerkingstyd, maar terugbetalings word tipies binne 2 maandelikse faktureringstate afgehandel. As dit langer neem, kom in aanraking met jou diensverskaffer om die status na te gaan.

Internetbankdienste

4-10 werksdae

Verwerkingstyd hang af van jou bank, maar neem tipies 10 werksdae of minder.

iTunes

As jy YouTube Premium deur iTunes gekoop het, moet jy Apple-steundienste kontak om jou terugbetalingstatus na te gaan.

Gaan jou terugbetalingstatus in jou Google Payments-rekening na as jou terugbetaling langer as verwag neem.

  • As die status "Terugbetaal" is, sal jy ’n krediet op jou betaalmetode sien.
  • As die status "Gekanselleer" is, is die bestelling nie gehef nie en jy sal nie 'n krediet op jou betaalmetode vind nie.

Hoe gee ek ’n ongemagtigde aankoop aan?

As jy ’n ongemagtigde aankoop op jou Google-rekening wil aangee, kan jy die ongemagtigde heffing aangee.

Hoe versoek ek 'n terubetaling vir Superklets/Super Stickers/Superdankie/'n skenking?

Superklets, Super Stickers, Superdankie en skenkings  is vrywillige betalings en is nie terugbetaalbaar nie.

As jy 'n ongemagtigde aankoop op jou Google-rekening wil aangee, kan jy dit hier doen.

Ek sukkel om 'n fliek of program te speel wat ek gekoop het.

Gaan kyk na hierdie foutsporingstappe vir hulp as jy sukkel om 'n fliek of TV-program te speel wat jy gekoop het.

Ek sukkel om by 'n regstreekse stroom wat ek gekoop het aan te sluit

Gaan kyk na hierdie foutsporingstappe vir hulp as jy sukkel om aan te sluit by 'n regstreekse stroom wat jy gekoop het.

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
13902137343268228576
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false