Jy kan YouTube-video's op jou TV kyk met 5.1-omringklank. Geniet YouTube se biblioteek vol programme en flieks, asook ander YouTube-inhoud met jou gesteunde omringklankstelsel.
Skakel 5.1-omringklank aan
’n Spelerkontrolebalk sal verskyn nadat jy ’n video gekies het om te speel. Gaan na 5.1-omringklank om dit aan of af te skakel.
Let wel: Die instelling sal net verskyn vir video's en toestelle wat 5.1-omringklank ondersteun. 5.1 in YouTube word gesteun op alle TV’s van 2021 of later, Chromecast-, Apple TV-, Roku- en die meeste Fire TV-toestelle. Daarby word 5.1-omringklank gesteun op Xbox Series S|X, Xbox One X, Xbox One S, Xbox One en PlayStation 5. Baie TV’s van 2020 of vroeër steun dalk ook omringklank – raadpleeg jou toestelvervaardiger om uit te vind of jou toestel 5.1 ondersteun.