Wysig of deaktiveer lisensiestrategieë

Sodra jy ’n lisensiestrategie geskep het, kan jy die strategietitel, prysberekening of gebruikbesonderhede wysig. Vir kanaalgebaseerde lisensiestrategieë kan jy kanale soos nodig by die gratislisensie voeg of daarvan verwyder. As jy ’n lisensiestrategie nie meer gebruik nie, kan jy dit deaktiveer.

Elke wysiging word in Studio Inhoudbestuurder gestoor en is daar sigbaar as “hersiening”.

Wysig ’n lisensiestrategie

  1. Meld by Studio Inhoudbestuurder aan.
  2. Kies Lisensiebestuur op die linkerkieslys.
  3. Bly op die Platformstrategieë-oortjie om ’n platformstrategie te wysig. Klik op die Kanaalgebaseerde strategieë-oortjie om ’n kanaalgebaseerde strategie te wysig.
    • Klik op die filterbalk  en dan Strategietitel om die lys volgens strategietitel te filtreer. Voer ’n strategietitel in, klik dan op PAS TOE.
  4. Klik op die titel van die lisensiestrategie wat jy wil wysig.
  5. Dateer die titel, prysberekening of bykomende besonderhede op.
  6. Klik op STOOR.

Voeg kanale by ’n kanaalgebaseerde strategie of verwyder dit

As jy ’n kanaalgebaseerde lisensiestrategie geskep het wat ’n gratislisensie aan sekere kanale bied, kan jy kanale by die lisensiestrategie voeg of daaruit verwyder.

  1. Meld by Studio Inhoudbestuurder aan.
  2. Kies Lisensiebestuur op die linkerkieslys.
  3. Klik op die Kanaalgebaseerde strategieë-oortjie.
  4. Klik op die lisensiestrategie waarby jy kanale wil voeg of kanale van wil verwyder.
    • Om kanale by te voeg, klik op VOEG KANALE BY. Plak die kanaal-ID's en klik op VOEG BY.
    • Om kanale te verwyder, kies die kanale en klik op VERWYDER KANALE vanaf die boonste banier. As jy per ongeluk ’n kanaal verwyder het, kan jy die kanaal kies en klik op ONTDOEN VERWYDER vanaf die boonste banier.
  5. Klik op STOOR.
  6. Klik op BEVESTIG om die opdatering te voltooi.

Deaktiveer ’n lisensiestrategie

  1. Meld by Studio Inhoudbestuurder aan.
  2. Kies Lisensiebestuur op die linkerkieslys.
  3. Om ’n platformlisensiestrategie te deaktiveer, bly op die Platformstrategieë-oortjie. Klik op die Kanaalgebaseerde strategieë-oortjie om ’n kanaalgebaseerde lisensiestrategie te deaktiveer.
    • Klik op die filterbalk  en dan Strategietitel om die lys volgens strategietitel te filtreer. Voer ’n strategietitel in, klik dan op PAS TOE.
  4. Kies die lisensiestrategie wat jy wil deaktiveer.
  5. Klik op DEAKTIVEER LISENSIESTRATEGIE.
Om ’n lisensiestrategie op ’n bate te deaktiveer, volg die stappe hier.

Bekyk hersieningsgeskiedenis

Wysigings wat jy aan jou lisensiestrategieë maak, word gestoor en is as “hersienings” sigbaar in Studio Inhoudbestuurder. Kies Aangepaste pryse of Geskiedenis om ’n rekord te sien van die hersienings wat aan ’n lisensiestrategie gemaak is. Jy kan elke hersieningry klik om meer besonderhede te sien oor die kanale wat bygevoeg of verwyder is toe elke hersiening gedoen is.

Klik die aftrekpyl op die Geskiedenis-oortjie om die besonderhede van die opgedateerde lisensiestrategie te sien: 

  • Hersienings: sien die besonderhede van die verandering, of dit ’n opdatering van die bestaande lisensiestrategie was, en of ’n nuwe een gekies is
  • Titel | Prys: sien die titel en prysberekeningvlak van ’n lisensiestrategie
  • Begindatum en einddatum: dui aan wanneer ’n gegewe lisensiestrategie aan ’n bate toegewys is en wanneer dit verander of gedeaktiveer is. Die einddatum is nie dieselfde as die lisensieduur nie.
  • Verkrygings: dui die aantal lisensies aan wat in die winkelvenster gekoop is
  • Gebruike: dui aan hoeveel keer die gelisensieerde inhoud werklik in ’n video gebruik is
  • Status: huidige status van die lisensiestrategie – kan “huidige bepalings” of “vorige bepalings” aandui

Jy sal in die Aagepaste pryse-oortjie besonderhede sien soos gebruikerinligting of die tydstempel van wanneer ’n verandering gemaak is. As ’n strategie deur ’n publiseerder se prysaanpassing beïnvloed is, sal die hersiene strategie die publiseerder se naam in die titel bevat.

Lisensiestrategiehersienings kan nie uitgevee word nie. Hersienings wat 0 verkrygings het, sal nie gewys word nie. 

Was dit behulpsaam?

Hoe kan ons dit verbeter?
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
6680292162807258682
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
59
false
false