Filtreer vlugpryse volgens bagasiefooie

Wys vlugpryse wat bagasiefooie insluit

Belangrik: Google wys die bagasie-inligting wat ons van ons vennote ontvang. Enige beraamde bagasiefooie wat getoon word, kan aan addisionele regeringsbelastings onderhewig wees.

Die bagasiefilter stel jou in staat om vlugpryse te wys wat die koste van ingeboekte bagasie of handbagasie insluit. Dit kan jou help om pryse beter te vergelyk en enige fooiverwante verrassings by die lughawe te vermy. 

Voordat jy begin

'n Mens kry allerhande vorms en groottes tasse, maar lugrederye klassifiseer dit gewoonlik as handbagasie of ingeboekte bagasie.

Bagasietipe

Wat dit genoem word

Waar dit inpas

Handbagasie

Dratas, handbagasie, kajuitbagasie, rolsakke, wieletjiesakke

In die oorhoofse pakplek

Ingeboekte bagasie

Ingeboekte tasse

In die laairuim

Handbagasiefooie wissel volgens land. Dit wat as handbagasie kwalifiseer, wissel ook volgens lugredery. Gaan die lugredery se bagasiefooie- en beleidebladsy na om die verskillende grootte- en gewigbeperkings en pryse vir elke tipe bagasie te vind.

Gebruik die bagasiefilter

Wanneer jy na vlugte soek, weet jy dalk reeds of jy jou bagasie aan boord wil bring of dit wil inboek. Indien jy wel weet, kan jy die bagasiefilter op Google Flights gebruik om vlugpryse te wys wat fooie insluit vir elke ingeboekte tas of vir handbagasie wat in die oorhoofse pakplek gestoor word.

As jy die bagasiefilter aanskakel, behoort dit nie enige vlugte uit die resultate te verwyder nie – dit behoort net die pryse op te dateer. 'n Uitsondering is as die enigste sitplekke wat op 'n sekere vlug oor is, nie toegang tot oorhoofse pakplek insluit nie. In sommige gevalle kan dit eintlik goedkoper wees om jou bagasie in te boek as om die fooi te betaal om dit as handbagasie te vat. 

Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
8360212617344922282
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
254
false
false