Uitlatingskattings volgens vervoermodus

Jy kan nou uitlatingskattings en -vergelykings tussen verskillende vervoermodusse kry.

Hoe ons koolstofuitlatings skat

Om uitlatings vir treine te bereken, gebruik Google ’n metode wat die kilometers gereis en die aantal passasiers in jou soektog in ag neem. Volgens die Internasionale Energieagentskap (IEA) laat treine gemiddeld 19 gram CO2e-lewensiklusuitlatings per passasierkilometer uit. Die presiese uitlatings hang van die trein en die operateur af. Die IEA se data word jaarliks bygewerk, en Google werk daaraan om akkurate inligting by treinoperateurs te kry.

Treinuitlatings vergeleke met vliegtuie en padvoertuie

Google bestempel treine as “klimaatvriendelik” omdat ’n treinrit gewoonlik ongeveer 85% koolstofuitlatings per passasier bespaar vergeleke daarmee om dieselfde afstand te vlieg. ’n Treinrit bespaar gewoonlik ongeveer 87% koolstofuitlatings per passasier vergeleke daarmee om dieselfde afstand in ’n padvoertuig te ry. Die presiese uitlatingbesparing hang van die trein af. Langafstandtreine kan selfs meer bespaar.

Vervoermodus Uitlatingfaktor Bron
Trein 19 gram CO2e-lewensiklusuitlatings
per passasierkilometer
Volgens die IEA
Vliegtuig 123 gram CO2e-lewensiklusuitlatings
per passasierkilometer
Volgens die IEA
Motor (klein/middelslag) 148 gram CO2e-lewensiklusuitlatings
per passasierkilometer
Volgens die IEA

Wat is CO2e-lewensiklusuitlatings?

CO2e staan vir “koolstofdioksiedekwivalent” en is ’n bedryfmeting wat gebruik word om verskeie kweekhuisgasse op grond van hul aardverwarmingspotensiaal te beskryf. Dit is ’n algemene eenheid wat gebruik word om die vergelyking van verskillende kweekhuisgasuitlatings te standaardiseer. CO2e word bereken deur die metings van ander gasse om te skakel na gelykstaande hoeveelhede koolstofdioksied met dieselfde aardverwarmingspotensiaal.

Lewensiklusuitlatings is die saamgevoegde hoeveelheid punt-na-punt-uitlatings weens brandstofverbruik. Dit sluit die direkte uitlatings weens branstofverbruik in, asook die uitlatings wat in elke fase van brandstofproduksie gelewer word.

Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
4271944896977418566
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
254
false
false