Skep of verander 'n spelernaam

Met sommige speletjies in Google Play Speletjies se mobielapp kan jy ’n spelernaam gebruik om aan te meld en te speel. ’n Spelernaam is ’n unieke gebruikernaam wat aan jou Google-rekening gekoppel is.

Wanneer jy met jou speler-ID by 'n speletjie aanmeld, kan jy:

  • Deel wees van ranglyste
  • Prestasies verdien
  • Jou speletjie outomaties stoor
  • Speletjies oral op Android-fone en -tablette speel
  • Saam met ander mense speel deur multispelermodusse in mobieletoestel-, tablet- en Android TV-speletjies

As 'n speletjie 'n aanmeldknoppie vir Play Speletjies het, kan jy jou spelernaam vir daardie speletjie gebruik.

Skep of wysig 'n spelernaam

Op 'n Android-foon of -tablet

Jy sal gevra word om 'n spelernaam te skep wanneer jy in Play Speletjies of die Play Speletjies-program self by 'n speletjie aanmeld.

  1. Tik op Volgende wanneer jy die porboodskap sien.
  2. Jy sal 'n verstekspelernaam en profielprent sien.
    • Tik bo-oor die spelernaam om dit te verander.
    • Tik op Wysig Wysig om die prent te verander.
  3. Kies die instellings wat jy wil hou.
  4. Tik op Skep.

Op Android TV

Jy sal gevra word om 'n spelernaam te skep wanneer jy by Android TV aanmeld.

  1. Jy sal 'n verstekprofielprent sien. Kies 'n ander prent as jy dit wil verander.
  2. Kies Volgende.
  3. Tik bo-oor die verstekspelernaam en kies dan Volgende.
  4. Bevestig jou instellings.
  5. Klik Klaar.

Kom meer te wete oor hoe om jou instellings te verander.

Kyk watter rekening jy gebruik

Op 'n Android-foon of -tablet

  1. Maak Play Speletjies Play Speletjies op jou Android-foon of -tablet oop.
  2. Tik aan die onderkant op Profiel.
  3. Jy sal onder jou spelernaam sien watter rekening jy tans gebruik.

Op Android TV

  1. Gaan na jou toestel se hoof-Instellings-kieslys toe.
  2. Kies jou rekening onder "Persoonlik".
  3. Kies Verwyder rekening om rekeninge te wissel.
  4. Volg die stappe om 'n ander rekening by te voeg. Kom meer te wete oor hoe om jou rekening op Android TV te verander.

Wenk: Vind uit hoe om onvanpaste spelername aan te gee.

Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
6706585526896465097
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
84680
false
false