Kry 'n digitale inskrywing vir koerante

As jy reeds op die drukweergawe van 'n publikasie ingeteken is, kwalifiseer jy dalk vir 'n kostelose digitale intekening op Google Nuus. Sommige uitgewers bied digitale intekeninge aan bestaande intekenaars.

Belangrik: Hierdie kenmerk is net beskikbaar as jy by jou Google-rekening aangemeld is.

Vind só uit of jou bestaande drukintekening 'n kostelose digitale weergawe aanbied:

  1. Maak jou Google Nuus-program Nuus op jou Android-foon of -tablet oop.
  2. Maak ’n artikel oop vanaf die bron waarop jy ingeteken is.
  3. Kies Reeds ’n intekenaar? Aktiveer jou rekening.
  4. Jy sal intekeningopsies kry as die bron ’n intekeningopsie op die Google Nuus-program aanbied.
    • Meld aan om jou intekening te verifieer.
    • Jou digitale intekening verstryk wanneer jou oorspronklike drukintekening eindig.

Stel kwessies met intekeningverifikasies reg

Wanneer jy jou intekening verifieer, moet jy seker maak dat jy:

  • ’n Aktiewe, bestaande intekening op die bron het.
  • Jou rekeninginligting korrek invoer.​ 
    • Wenk: As jy jou posadres moet gee, moet jy jou naam en adres presies invoer soos dit in jou drukintekening verskyn.
Hulp met foutboodskappe

"Ongeldige e-pos of wagwoord. Probeer asseblief weer."

Maak seker jy voer die e-posadres en wagwoord in wat jy gebruik om by jou aanlyn rekening aan te meld. As jy nie 'n aanlyn rekening geskep het nie, klik eers Stel jou rekening op.

"Die intekeninginligting wat verskaf is, kon nie geverifieer word nie. Probeer asseblief weer."

Hierdie boodskap wys gewoonlik as 'n deel van jou verifikasie-inligting verskil van wat die uitgewer vir jou rekening het. Maak seker dat jy jou rekeningnommer, naam en adres voorsien soos wat dit op jou drukintekening verskyn. Kontak die uitgewer se steundienste vir hulp met jou rekeninginligting.

"Ons kon nie verifieer dat jy 'n aktiewe intekening op hierdie publikasie het nie."

Kontak die uitgewer se steundienste om te verifieer dat jy 'n aktiewe intekening het en dat jou rekeninginligting korrek is.

 
Sommige Google Play-produkte en -kenmerke is nie in alle lande beskikbaar nie. Sien wat in jou land beskikbaar is.

Kry hulp met 'n intekening

Jy kan ons kontak as jy meer hulp met 'n betaalde intekening of ander Google Nuus-aankope nodig het.

Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
1492796349225372108
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
false
false