Vee webkoekies in Chrome uit, laat hulle toe, en bestuur hulle

Jy kan kies om bestaande webkoekies uit te vee, om alle webkoekies toe te laat of te blokkeer, en om voorkeure vir sekere webwerwe te stel.

Belangrik: As jy deel is van die toetsgroep wat derdepartywebkoekies by verstek beperk, kan jy moontlik verskillende instellings vir die bestuur van derdepartywebkoekies kry. Vind uit hoe om derdepartywebkoekie-instellings vir toetsgroepgebruikers te bestuur.

Wat webkoekies is

Webkoekies is lêers wat geskep word deur webwerwe wat jy besoek. Hulle maak jou aanlyn ervaring makliker deur inligting oor jou besoek te stoor. Byvoorbeeld, werwe kan jou aangemeld hou, jou werfvoorkeure onthou, en vir jou plaaslik relevante inhoud gee.

Daar is 2 soorte webkoekies:

  • Eerstepartywebkoekies: Geskep deur die werf wat jy besoek. Die werf word in die adresbalk gewys.
  • Derdepartywebkoekies: Geskep deur ander werwe. ’n Werf wat jy tans bekyk, kan inhoud van ander werwe af inbed, byvoorbeeld prente, advertensies en teks. Enige van hierdie ander werwe kan webkoekies en ander data stoor om jou ervaring te personaliseer.

Wenk: Sommige werwe kan jou vra om webkoekies te aanvaar of te verwerp.

Vee alle webkoekies uit

Belangrik: As jy webkoekies uitvee, sal jy dalk afgemeld word op werwe wat jou onthou, en jou gestoorde voorkeure kan uitgevee word. Dit geld elke keer wanneer ’n webkoekie uitgevee word.

  1. Kies Chrome op jou rekenaar.
  2. Kies bo regs Meer Meer en dan Instellings Settings.
  3. Kies Privaatheid en sekuriteit en dan Derdepartywebkoekies.
  4. Kies Sien alle werfdata en -toestemmings en dan Vee alle data uit.
  5. Kies Vee uit om te bevestig.

Vee spesifieke webkoekies uit

Vee webkoekies van ’n werf uit
  1. Maak Chrome op jou rekenaar oop.
  2. Kies bo regs Meer Meer en dan Instellings Settings.
  3. Kies Privaatheid en sekuriteit en dan Derdepartywebkoekies.
  4. Kies Sien alle werfdata en -toestemmings.
  5. Soek bo regs die webwerf se naam.
  6. Kies regs van die werf Vee uit Remove.
  7. Kies Vee uit om te bevestig.
Vee webkoekies van ’n tydperk uit
  1. Maak Chrome op jou rekenaar oop.
  2. Kies bo regs Meer Meer en dan Vee blaaierdata uit.
  3. Kies die aftreklys bo langs “Tydreeks”.
  4. Kies ’n tydperk, soos die laaste uur of die laaste dag.
  5. Merk Webkoekies en ander werfdata.
  6. Ontmerk al die ander items.
  7. Kies Vee data uit.

Verander jou webkoekie-instellings

Belangrik: As jy werwe nie toelaat om webkoekies te stoor nie, sal werwe dalk nie werk soos verwag nie. Kry meer inligting oor optoestelwerfdata om eerstepartywebkoekies te bestuur.

Jy kan webkoekies vir enige werf toelaat of blokkeer.

Laat webkoekies toe of blokkeer hulle

Jy kan derdepartywebkoekies by verstek toelaat of blokkeer.

  1. Maak Chrome op jou rekenaar oop.
  2. Kies bo regs Meer Meer en dan Instellings Settings.
  3. Kies Privaatheid en sekuriteit en dan Derdepartywebkoekies.
  4. Kies ’n opsie:
    • Laat derdepartywebkoekies toe.
    • Blokkeer derdepartywebkoekies in Incognitomodus.
    • Blokkeer derdepartywebkoekies.
      • As jy derdepartywebkoekies blokkeer, word alle derdepartywebkoekies van ander werwe geblokkeer, tensy die webwerf op jou uitsonderingslys toegelaat word.
Laat webkoekies vir ’n spesifieike werf toe of blokkeer hulle
Belangrik: Jy sal dalk nie hierdie instelling kan verander as jy jou Chromebook by jou werk of skool gebruik nie. Kontak jou admin vir meer hulp.

As jy derdepartywebkoekies by verstek blokkeer, kan jy dit steeds vir ’n sekere werf toelaat.

  1. Maak Chrome op jou rekenaar oop.
  2. Kies bo regs Meer Meer en dan Instellings.
  3. Kies Privaatheid en sekuriteit en dan Derdepartywebkoekies.
  4. Kies Voeg by onder "Werwe wat toegelaat word om derdepartywebkoekies te gebruik".
  5. Voer die webadres in.
    • Voeg [*.] voor die domeinnaam in om ’n uitsondering vir ’n hele domein te skep. Byvoorbeeld, [*.]google.com sal by drive.google.com en calendar.google.com pas.
    • Jy kan ook ’n IP-adres of ’n webadres invoer wat nie met http:// begin nie.
  6. Kies Voeg by.

Kies regs van die webwerf Verwyder Remove om ’n uitsondering te verwyder wat jy nie meer wil hê nie.

Laat derdepartywebkoekies tydelik vir ’n spesifieke werf toe
Sommige werwe sal dalk nie werk soos jy verwag as jy derdepartywebkoekies blokkeer of beperk nie. Jy kan derdepartywebkoekies tydelik toelaat vir ’n spesifieke werf wat jy besoek.
  1. Maak Chrome op jou rekenaar oop.
  2. Bo links in die adresbalk:
    • Om derdepartywebkoekies toe te laat: Kies Derdepartywebkoekies geblokkeer of Derdepartywebkoekies beperk en skakel Derdepartywebkoekies aan.
    • Om derdepartywebkoekies te blokkeer of te beperk: Kies Derdepartywebkoekies toegelaat Preview en skakel Derdepartywebkoekies af.
  3. Kies Maak toe Close om die dialoogkassie toe te maak en die bladsy te herlaai. Jy kan ook enige plek buite die dialoogkassie kies om dit toe te maak.
  4. Sodra die bladsy herlaai is, wys die adresbalk “Derdepartywebkoekies toegelaat”, “Derdepartywebkoekies geblokkeer” of “Derdepartywebkoekies beperk”, afhangende van jou instellings.

Wenke:

  • Hierdie opsie is net tydelik en slegs vir die webwerf waarop jy is.
  • Werwe word outomaties by die uitsonderinglys gevoeg.
  • As jy derdepartywebkoekies tydelik op ’n werf toelaat, gaan daardie instelling oor na Incognitomodus en kan jy dit nie van Incognitomodus terugstel nie.
Gee verwante werwe toegang tot jou aktiwiteit
’n Maatskappy kan ’n groep werwe definieer wat met mekaar verband hou. Byvoorbeeld, ’n maatskappy sal jou dalk aangemeld wil hou terwyl jy tussen acme-music.example en acme-video.example beweeg.
As jy derdepartywebkoekies toelaat of beperk: Verwante werwe word toegelaat om toegang tot jou aktiwiteit te kry om inhoud te personaliseer of om jou op werwe aangemeld te hou.
As jy derdepartywebkoekies blokkeer: Dit verhinder dikwels hierdie soort verbinding tussen werwe. Jy kan derdepartywebkoekies blokkeer terwyl jy werwe in dieselfde groep toelaat om jou ervaring te verbeter.
Jy kan op GitHub die volledige lys maatskappye kry wat groepe verwante werwe definieer. Kry meer inligting oor verwante werwe en derdepartywebkoekies.

Hoe om verwante werwe toe te laat om jou aktiwiteit in die groep te vind:

  1. Maak Chrome op jou rekenaar oop.
  2. Kies bo regs Meer Meer en dan Instellings.
  3. Kies Privaatheid en sekuriteit en dan Derdepartywebkoekies.
  4. Kies Blokkeer derdepartywebkoekies.
  5. Skakel Laat verwante werwe toe om jou aktiwiteit in die groep te sien aan of af.

Hoe om verwante werwe in dieselfde groep te wys:

  1. Maak Chrome op jou rekenaar oop.
  2. Kies bo regs Meer Meer en dan Instellings.
  3. Kies Privaatheid en sekuriteit en dan Derdepartywebkoekies en dan Sien alle werfdata en -toestemmings.
  4. Kies ’n werf.
  5. Kies die aftreklyspyl Down arrow om werwe in dieselfde groep te wys.

Wenk: Kies in die adresbalk Bekyk werfinligting Default (Secure) en dan Webkoekies en werfdata en dan Bestuur optoestelwerfdata om verwante werwe te vind.

Meer oor ingebedde inhoud

Werwe wat jy besoek kan inhoud van ander werwe inbed, byvoorbeeld prente, advertensies, teks en selfs kenmerke – soos ’n teksredigeerder of weerlegstuk. Hierdie ander werwe kan toestemming vra om inligting te gebruik wat hulle oor jou gestoor het (dikwels gestoor deur webkoekies te gebruik) sodat hul inhoud behoorlik kan funksioneer.

Verbeel jou byvoorbeeld dat jy gewoonlik dokumente op docs.google.com skryf. Terwyl jy ’n taak vir die skool voltooi, moet jy met ander studente op jou skool se klasportaal saamwerk wat direkte toegang tot Google Dokumente bied. Met jou toestemming:

  • Google Dokumente kan toegang tot sy derdepartywebkoekies kry terwyl jy jou skool se webwerf gebruik, wat ’n verbinding tussen die webwerf en Google Dokumente moontlik maak.
  • Dit kan Google Dokumente toelaat om te verifieer wie jy is, jou inligting te vind en veranderinge wat jy aan jou dokumente aanbring op die werf te stoor.

In sommige gevalle kan hierdie inligting gebruik word om jou aktiwiteit na te spoor terwyl jy deur werwe blaai. Jy kan as ’n privaatheidkenmerk besluit wanneer om ingebedde inhoud toegang tot jou data te gee vir werwe wat jy vertrou.

Wenk: Die verbinding gebruik webkoekies en hou vir 30 dae of so lank as wat jy aktief bly. Jy kan enige tyd ophou om die verbinding toe te laat in Instellings.

Om toestemming toe te laat of te weier

Wanneer jy deur ’n werf blaai wat ’n porboodskap wys waarin toestemming versoek word vir die ingebedde inhoud om inligting te gebruik wat hulle oor jou gestoor het:

  • Kies Laat toe om die werf toegang te gee tot inligting wat hulle oor jou gestoor het (met behulp van webkoekies)
  • Kies Moenie toelaat nie om toegang te weier

Wenke:

  • Vind uit hoe om werfinstellingtoestemmings te bestuur om op te hou om toegang toe te laat.
  • Jy kan ook toegang bestuur deur links van die adresbalk te klik op Bekyk werfinligting Default (Secure) en dan Ingebedde inhoud aan of af te skakel.

Bestuur derdepartywebkoekie-instellings vir toetsgroepgebruikers.

Google toets vir ’n spesifieke groep gebruikers kenmerke in Chrome wat werwe aansienlik beperk om derdepartywebkoekies te gebruik om jou na te spoor terwyl jy blaai. As jy deel is van die toetsgroep, word derdepartywebkoekies by verstek beperk, behalwe waar hulle nodig is om basiese webwerfdienste te laat funksioneer.

As jy dit verkies, kan jy derdepartywebkoekies heeltemal in jou instellings blokkeer. Jy kan jou derdepartywebkoekievoorkeure in jou “Privaatheid en sekuriteit”-instellings bestuur.

  1. Maak Chrome op jou rekenaar oop.
  2. Kies bo regs Meer Meer en dan Instellings Settings.
  3. Kies Privaatheid en sekuriteit en dan Derdepartywebkoekies.
  4. Jy kan ook gevorderde privaatheidbeskerming kies:
    • Blokkeer alle derdepartywebkoekies: Wanneer jy dit aanskakel, sal kenmerke op sommige werwe dalk nie werk nie. Chrome blokkeer alle derdepartywebkoekies van werwe wat jy besoek, insluitend verwante werwe.
    • Stuur “Do not track”-versoek saam met jou blaaiverkeer: Wanneer jy dit aanskakel, versoek jy dat werwe jou nie naspoor nie. Werwe gebruik hul vrye oordeel of hulle aan die versoek sal voldoen. Kry meer inligting oor “Do not track”.
    • Kies watter werwe jy toelaat om derdepartywebkoekies te gebruik: Jy kan ook nagaan en wysig watter werwe jy toelaat om derdepartywebkoekies te gebruik onder “Werwe wat toegelaat word om derdepartywebkoekies te gebruik”. Kry meer inligting oor hoe om derdepartywebkoekies toe te laat.

Verwante hulpbronne

Het jy meer hulp nodig?

Probeer die volgende stappe:

Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Google-programme
Hoofkieslys