Uitgewerinhoudbeleide vir Google Play Boeke

Vir die doeleindes van hierdie Inhoudbeleide geld die terme “Boek” en “Boeke” vir e-boek- én oudioboekinhoud.

Inhoudbeleide

Ons inhoudbeleide speel 'n belangrike rol om te verseker dat sowel ons gebruikers as ons uitgewervennote 'n positiewe ervaring het. Word deel van hierdie poging deur hierdie riglyne te respekteer. Ons kan dalk uitsonderings maak op hierdie beleide op grond van artistieke, opvoedkundige, historiese, dokumentêre of wetenskaplike oorwegings, of waar daar ander wesenlike voordele vir die publiek is. Hierdie beleid is onderworpe aan verandering, kom loer dus asseblief weer vir opdaterings. Raadpleeg asseblief ook Google Play se diensbepalings vir meer inligting.

Hier is ons beleide:

Strooipos, misleidende en teleurstellende inhoud

Moenie inhoud verskaf wat gebruikers mislei, ’n slegte gebruikerervaring bied, of as strooipos of wanware beskou kan word nie. Materiaal wat nie toegelaat word nie sluit in, maar is nie beperk nie tot:
  • Ongewenste promosie- of kommersiële inhoud
  • Inhoud wat maklik kosteloos aanlyn gekry kan word
  • Ongewenste of massawerwing
  • Die oordrag van wanware, virusse of enigiets wat die diens kan ontwrig of ander mense kwaad kan aandoen
  • Boeke wat maklik misgis kan word vir apps of ander vorme van digitale inhoud
  • Voorbeelde waarvan die enigste doel is om ander boeke te adverteer of die verkope daarvan te dryf
  • Metadata wat verwarrend eenders as bestaande boeke is, insluitend misleidende titels, outeurs, beskrywings of omslae, of wat verwarring oor die formaat van die boek kan veroorsaak
  • Boeke met gehaltekwessies in een of meer inhoudlêer(s) wat die inhoud moeilik maak om te verstaan
  • Oudio wat hoofsaaklik musiek is, behalwe opvoedkundige liedjies, of uitvoerings wat stories en musiek meng
  • Masjienleesoudio-inhoud van lae gehalte

Inhoud in publieke domein

Veelvuldige weergawes van dieselfde boek verwar ons gebruikers en bied min onderskeidende waarde. Weens wydverspreide duplisering word boeke wat publiekedomeinmateriaal bevat nie meer aanvaar nie, behalwe van uitgesoekte vennote af.

Nie-eksklusiewe inhoudlewering

Google ontvang soms dieselfde boek van veelvuldige partye af, waarvan party of almal dalk publiseringregte vir die boek het. Google kan nie potensiële konflikte oor regte tussen outeurs, uitgewers en ander partye bemiddel nie. Maar ons probeer om liewer te versigtig te wees sodat ons ongemagtigde kopieë kan vermy. Ons sal duplikaatkopieë van dieselfde Boek dalk afkeur omdat veelvuldige weergawes van dieselfde Boek ons gebruikers verwar.

Lees asseblief meer oor Google se kopieregbeleide as jy dink ’n ander party publiseer jou inhoud sonder jou magtiging.

As ons nie kan bevestig dat jy gemagtig is om die inhoud in die rekening op te laai nie, kan ons jou rekening ook afkeur.

Gewelddadige, dreigende of aanstootlike materiaal

Aanhitsing van geweld of terrorisme word nie toegelaat nie. Dit sluit in materiaal wat bedoel is om te teister, wat dreig om ernstige fisieke besering aan of dood van 'n individu te veroorsaak, of wat steun werf om ander mense fisiek leed aan te doen. Daarbenewens sal ons nie materiaal toelaat wat uiters grafies gewelddadig of skatologies is nie.

Haatspraak

Inhoud wat haat, geweld of volksmoord teenoor enige identifiseerbare of beskermde groep of individu bevorder, word nie toegelaat nie. Beskermde groepe en individue sluit in dié gegrond op ras of etnisiteit, nasionaliteit (insluitend burgerskap), godsdiens, gestremdheid, gender, ouderdom, veteraanstatus, seksuele oriëntasie of genderidentiteit.

Seksueel eksplisiete materiaal

Ons laat seksueel eksplisiete inhoud en naaktheid met opvoedkundige, artistieke, historiese of dokumentêre waarde toe. Uitgewers moet hul inhoud “Vir volwasse gehore” merk op die boek se Instellings-oortjie in die Vennootsentrum.

As ons ondanks die vorige paragraaf bepaal dat ’n boek seksueel eksplisiete inhoud bevat, kan ons die voorskou daarvan verwyder en dit beperk dat minderjarige gebruikers dit nie sien nie. Dit help ons om seker te maak dat Google Play ’n veilige plek vir almal is om boeke te ontdek.

Ons laat egter nie die volgende soorte inhoud toe nie:

  • Prente van naaktheid en/of seksueel eksplisiete oudiobeskrywings met geen opvoedkundige, artistieke, historiese of dokumentêre waarde nie
  • Pornografiese inhoud
  • Seksueel eksplisiete teks in enige Boek se metadata (d.i. titels, subtitels of beskrywings)
  • Seksueel eksplisiete teks, prente of oudio-inhoud wat kras seksuele handelinge uitbeeld, soos pedofiliehandelinge of seks met diere
  • Inhoud wat verkeer na aanlyn pornografiese dienste dryf

Neem asseblief kennis dat ons uitsonderings kan maak op grond van artistieke, opvoedkundige, historiese, dokumentêre of wetenskaplike oorwegings, of waar daar ander wesenlike voordele vir die publiek is.

Bedrieglike of afbrekende aktiwiteit

Uitgewers sal hulle nie skuldig maak aan bedrieglike gedrag wat kan lei tot die koop van boeke of toegang tot Google Play Boeke deur enige geoutomatiseerde, misleidende, bedrieglike of ander ongeldige maniere nie. Bedrieglike gedrag sluit in, maar is nie beperk nie tot:

  • Die gebruik van robotte of ander geoutomatiseerde nutsgoed
  • Rekenaargegenereerde soekversoeke
  • Bedrieglike gebruik van sagteware, kredietkaarte of geskenkbewyse

Kinderveiligheid

Google het 'n geenverdraagsaamheidbeleid teenoor seksuele kindermishandeling in teks, prente of oudio. Ons verbied ten sterkste die gebruik van Google Play om teks, prente of oudio oor seksuele kindermishandeling te skep, te besit of te versprei. Wees bewus dat ons nou saam met wetstoepassing werk. Ons sal diegene wat hulself skuldig maak aan uitbuiting van kinders, aangee en enige inhoud wat hierdie aktiwiteite bevorder, sal verwyder word. Herhaalde oortredings of uiters ernstige oortredings van hierdie beleid sal veroorsaak dat die rekening gedeaktiveer word.

Persoonlike en vertroulike inligting

Moenie persoonlike of vertroulike inligting deel nie. Ons verbied die ongemagtigde verkoop of verspreiding van private en vertroulike inligting, soos kredietkaartbesonderhede, ID-nommers, rybewys- en ander lisensienommers en enige ander inligting wat nie publiek toeganklik is nie. Hou in gedagte dat inligting wat reeds elders op die internet of in publieke dokumente beskikbaar is, in die meeste gevalle nie as privaat of vertroulik beskou word in ons beleide nie.

Onwettige aktiwiteite

Moenie in Google Play by onwettige aktiwiteite betrokke raak nie. As ons in kennis gestel word van onwettige aktiwiteite, sal ons dienooreenkomstig optree, wat kan insluit dat ons toegang tot ons produkte verwyder, jou Google-rekening opskort of jou by die relevante owerhede aangee.

Kopiereg

Respekteer kopieregwette. Ons sal reageer op duidelike kennisgewings van beweerde kopieregskending. Herhaalde skending van intellektuele-eiendomregte, insluitend kopiereg, sal veroorsaak dat die rekening beëindig word. Lees meer oor Google se kopieregbeleide.

Handelsmerk

Ons laat nie boeke toe wat ander se handelsmerke skend nie. ’n Handelsmerk is ’n woord, simbool of kombinasie van die twee wat die oorsprong van ’n produk of diens identifiseer en dit van ander produkte of dienste onderskei. Sodra dit verkry is, gee 'n handelsmerk die eienaar eksklusiewe regte op die gebruik van die handelsmerk met betrekking tot sekere goedere of dienste.

Handelsmerkskending is onbehoorlike of ongemagtigde gebruik van ’n identiese of soortgelyke handelsmerk op ’n manier wat waarskynlik tot verwarring oor die oorsprong van daardie produk kan lei. Ons sal reageer op duidelike kennisgewings van beweerde handelsmerkskending.

Beleidhersiening en -afdwinging

Ons gebruik ’n kombinasie van evaluering deur mense en geoutomatiseerde evaluering om inhoud op Google Play Boeke na te gaan. Wanneer ons inhoud of rekeninge beoordeel om te bepaal of hulle ons beleide oortree, neem ons inligting uit ’n verskeidenheid bronne in ag wanneer ons ’n besluit neem. Dit sluit in boekmetadata, soos boektitel, omslagfoto’s en beskrywings, rekeninginligting, boekinhoud, en ander inligting wat verskaf word deur verslagdoeningmeganismes (waar van toepassing) en hersienings deur eie inisiatief.

Ons verwyder inhoud wat ons beleide oortree en wat skadelik vir gebruikers en die algehele Google Play-stelsel is. Die gebruik van geoutomatiseerde modelle help ons om meer oortredings te bespeur en om potensiële kwessies vinniger te evalueer, wat help om Google Play Boeke vir almal veilig te hou. Opgeleide operateurs en ontleders doen inhoudevaluerings, onder meer om gekontekstualiseerde bepaling uit te voer, soos nodig.

As ons bevind dat jou rekening of boeke beleid oortree, kan ons:

  • Die materiaal verwyder of beperk dat mense dit nie kan sien nie
  • Die materiaal se voorskou afskakel
  • Jou toegang tot een of meer Google-produkte deaktiveer
  • Jou Google-rekening uitvee
  • Onwettige materiaal by gepaste wetstoepassingsowerhede aangee
  • Jou rekening debiteer om klantterugbetalings te dek
  • Betalings tydelik of permanent opskort

As jy nie met ons besluit saamstem nie, kan jy meer inligting kry oor jou opsies om te appelleer. Vind uit hoe om teen ’n besluit te appelleer. Die opsie om te appelleer sal dalk nie onder alle omstandighede beskikbaar wees nie (bv., sekere verwyderings weens hofbevel). Jy behoort in die kennisgewing wat ons vir jou oor jou inhoud of rekening stuur meer inligting te kry oor jou opsies om te appelleer.

Wanneer ’n boek se inhoud ondersoek word vir potensiële oortreding van ons inhoudbeleid, kan ons die voorskou dalk tydelik deaktiveer in sowel Google Play- as Google Boeke-soektogte.

Net omdat ’n gebruiker nie met sekere materiaal saamstem nie of dit onvanpas vind, beteken nie dat ons dit sal verwyder of andersins daarteen sal optree nie. Ons verstaan dat mense verskillende standpunte kan hê, en ons neem dit in ag in ons resensieverslae oor misbruik.

Google hou die reg voor om na vrye oordeel nie enige Boek wat enige tyd by Google Play ingedien is, te verkoop nie.

Het jy meer hulp nodig?

Probeer die volgende stappe:

Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Hoofkieslys
10312365342171437024
true
Deursoek Hulpsentrum
true
true
true
true
true
82437
false
false